Friday 2 August 2013

My klas by Elaine Barnard - HUISTOE

Ek het die klas van Elaine Barnard baie geniet!  In murg en been is ek 'n tradisionele kwilter, maar geniet dit so af en toe om sommer net ietsie anders te doen.
Tydens die klas het Elaine ons gewys om met Bird's Nest en ander garings sommer so maklik te skep op 'n wateroplosbare materiaal.
By die huis gekom met my skepping, was daar darem net te veel gate in na my sin en ek het daar en dan begin om lappies en wolle by te voeg.
Ek het 'n foto geneem van die pad wat ek van Colesberg af altyd terugry na 'n klas.
Elaine het gese ons kan fotos saam bring na die klas en dit was presies wat ek gedoen het.


Ek het oor alles gestik soos sy ons in die klas gewys het.

En die hele prentjie het begin verander na iets wat ek kon herken!
Toe het ek vir die blok kante gemaak om dit diepte te gee.
En dit in 'n regte kwilt verander.  Oom Manie het vir my 'n hek gemaak en my eie persoonlike man, Stoney, het vir my 'n kleiner windpomp gemaak.  Elaine het vir elkeen van ons ook 'n windpomp van draad in ons kit gegee, maar dit was 'n bietjie te groot vir my skepping.
En hier is dit:  HUISTOE

Die kwiltfees is verby!

Ons kwilt nou 'n bietjie aan ons eie kwilte en geniet net al die komplimente!

Tuesday 16 April 2013

Hier kiep-kiep, daar kiep-kiep......

My tafel in die kombuis het ‘n glasblad op om die kwilt op die tafel te beskerm.
‘n Glasblad kan maklik skoon gehou word, maar die lawaai is iets om op ‘n ander dag te bespreek!
Toe het ek vir my plekmatjies vir die vier sitplekke gemaak en die tema kon nie anders as hoenders wees nie, want my kombuis is omtrent iets soos ‘n hoenderhok!

Something sticky to stitch: Guinea fowl

Sometime ago, a few of my quilter-students have put in the request for me to teach them to do an Art Quilt.
I have done an Art Quilt in a class where Kathryn Harmer-Fox was the Teacher, but I think she is ‘n wonderful motivator too!  She makes you believe you CAN do it.  With that motivation in mind, I did teach an Art Quilt Class to 6 quilters.
Judie Bellingham form BellaOnline, pointed out that an Art Quilt should at least look like a quilt by the type of fabrics used and should be composed of at least two layers - the face layer and the backing layer.
It should also be quilted, to give meaning to the term: Art QUILT. Some of these stitches must be visible at the back of the quilt.
With this concept in mind, I prepared to teach my first class. 
Step 1:  Iron a layer of Vilene onto the back of a piece of fabric – something like unbleached calico.
Step 2: Trace the design on the fabric, which is now called the background.

Step 3:  Use Pritt and glue pieces of fabric (may include satin, silk, leather, organza, etc) onto the background.
Step 4:  Cover all the raw edges with stitches in a matching thread.
Step 5: Layer the top with batting and a backing – we call this a sandwich.

Step 6:  Quilt and finish off with a binding.
Step 7:  Finish off with embellishments.

82, 73 en 103!

Wat het hierdie getalle met mekaar te doen?
Ouma Cielie Prins het verjaar en 82jaar oud geword!  Ek, Gerda en tannie Magriet het haar uitgeneem vir koek en tee by Get Together langs College Crossing.  Sommer ‘n dubbele viering, want Gerda verjaar saam met Ouma op dieselfde dag.
Die vriendelike vrou daar kom vra toe wie verjaar, want sy wil vir die persoon so ‘n klein ietsie gee.  Ouma sĂȘ toe dadelik dat dit sy is en dat sy vandag 73jaar oud is!
Na ‘n lekker gelag en gekuier en gekoek & tee, het ek haar teruggevat na haar bed toe, want die ou lyf het begin voel soos 103jaar oud!

Monday 4 March 2013

Baba wat te groot is vir 'n baba!

My baba is vandag 27 jaar oud en swerf in 'n ander land rond!
Dit se vir my dat sy nou my jongste kind is en beslis nie meer my baba nie.

Toe ons in Wisconsin gebly het, het elkeen van ons ook daar 'n verjaardag gehad.  Daar het ons begin met 'n heerlike tradisie om verjaardagkoek en roomys saam te eet.  Ons dink nou nog met wonderlike heimwee aan die lekker jaar wat ons daar deurgebring het en die wonderlike vriende wat ons daar gemaak het.

A birthday in a foreign country will always bring fond memories back to us.  The people of Spring Green, Dodgeville and Richland Center in Wisconsin, treated us with love and joy.  They kept at bay the longing for our own country and our people. 
On birthdays we always talk about our habit of eating ice cream and birthday cake together – our friends in the USA taught us this clever idea!

Friday 1 March 2013

BOOKINGS AT COMPUTICKET!!

We have been planning for months (actually years) to be a part of this day in the history of the Oranje Kwiltersgilde (that is our name in Afrikaans)! 
Today is the day on which we can buy our tickets for registration, workshops, kits, functions and lectures from Computicket for our Quilt Festival.
The Oranje Quilters’ Guild is the host of the 17th National Quilt Festival 2013 – Kaleidoscope. 
This festival will be held at the Eunice High school in Bloemfontein.
Our guild was founded in 1989 and is a non-profitable organisation.  We have members from a wide area in the Free State, including Smithfield, Dewetsdorp and Bultfontein. These members are also affiliated to the South African Quilters’ Guild.
We are excited to be the hosts of the 17th National Quilt Festival in 2013.  This will be our first Quilt Festival on national level.
The aim of our festival is to promote Patchwork and Quilting, as well as bringing quilters together to share, encourage and inspire each other.  We want them to have a meaningful and an inspirational experience at our festival.
This exciting event, which will take place in Bloemfontein from 1 – 7 July 2013, will offer a wide variety of workshops, demonstrations and lectures on all skill levels. 
We are inviting teachers and delegates, both national and international, to join us.
We, as the hosts of the festival, are inviting and sponsoring a group of ladies from Botshabelo, as well as a group of daughters from Ons Kinderhuis, to attend our festival.  This will give them the opportunity to learn more about Patchwork and Quilting. The aim is to encourage them enough to seek further knowledge.
We are inviting many exciting vendors to attend our festival and sell their products.  We are also looking forward to the exhibition of beautiful quilts.  This is a showcase of the best work of South African quilters.
I am greeting you today as:
Chairlady:  Kaleidoscope Quilt Festival 2013
Iessie Steenberg                    

Wednesday 27 February 2013

Van Toeka tot Nou



Ouderdom kan 'n mens vang!  Dit het ek net weer die naweek gesien.

My skoonma, 'n wonderlike mens, kan nie meer onthou nie.  Dit is 'n tragedie, want wat het geword van al die dinge waarvan sy wel geweet het?

Soos die dingetjie op die foto langsaan.  Dit hoort seker eintlik in 'n museum, maar my skoonsuster het dit vir my gegee en ek kan nie genoeg daarna kyk nie.

Wat sou my skoonma se ma met dit gemaak het?  Die hekelpen in die middel kan nie uit of in beweeg nie.  Ek het aanvanklik gedink hulle kon daarmee iets doen soos vurk-brei, maar dan moet die hekelpen kan beweeg.

As jy weet, vertel vir my ook, asseblief.



Twee naamgenote - een is nog lus vir avontuur en die ander een is net dankbaar sy kan nog haar kinders onthou!

Lewe voluit en laat jou merk!

Friday 15 February 2013

Festival Preparations:


In preparation for our Kaleidoscope Quilt Festival 2013, I went out on a search for goodie bags for the kids (who are going to attend our festival).
I ended up at Blue Valentine in Pasteur Ave and met the most pleasant person, Sue.  After picking and counting, it was my turn to pay (after given a lot of discount) with the bankcard of the Oranje Kwiltersgilde. Swipe, pin code, swipe, pin code – no success! 


I then needed to make arrangements for Karin de Villiers to pay and pick the bags up.  And this is the part of the story I actually would like to tell:  Sue gave me the till slip and the bags to take with me to Karin.  This is a wonderful trustful gesture in this corrupted world of us!
End of this story:  the bags are paid!  Karin came to my rescue. And Hettie, our Treasurer, did not kill me for the inconvenience of having to go to the bank to sort out the problems that I have created!
Even though I do not want to give you even a sneak peek of our goodie bags, I am going to share something stitchy (one of my own words) with you:
The Uile Kwilters made these bags to generate funds for their Hospitality Department on the Festival.
Step 1:  If you want to do any appliquĂ© work on these type of bags – DO NOT IRON THE MOTIF ON IT.  We have used glue (Pritt) to glue the fabrics onto the background.  It is also advisable to stiffen the bag’s fabric with Stitch&Tear at the back of the appliquĂ© before you do any stitching.
On the photo is my bag – I got the humongous rose button from my mother’s stuff – I live in the ROSE city!  

Step 2: To make the plastic see-through bag on the front, cut plastic about 6” wide and 8” long. Use the technique of the quilter’s binding to finish it off on the two short sides. I have used my Walking Foot, because the plastic can be sticky. 









Step 3:  We unpicked the stitches of the handles on one side of the bag.  Only the two inside rows.  Slip the plastic in and stitch it again.  And do remember to stitch the bottom part of the bag too!

This works well for storing the pattern of your knitting or other handwork that can go along with you.
To see a photo of Karin, my wonderworker, take a look at our blog :  oranjequilters.blogspot.com - Hettie interviewed us when she started the blog.


Wednesday 13 February 2013

‘n Bostuk met Kwiltwerk se omboorsel:

Vandag het ek my besig gehou met die maak van ‘n romp en ‘n bostuk – ek praat sommer van ‘n top.
Ek het eerstens die een skouernaat toegestik en omgekap.  Toe het ek ‘n omboorsel (binding) gesny op die skuinste – so 2½” breed.  Die stroke was te kort en ek het dit op die skuinste gelas ook.





Ek het die strook dubbeld gevou en gestryk.  Toe het ek dit aan die verkeerde kant van die neklyn vasgestik, oorgevou na die regte kant van die bostuk en aan die regte kant ook vasgestik.






Dit is die “double fold binding” wat ons as kwilters op ons kwilte gebruik.


Met my nuwe uitrusting aan, moes ek toe ‘n fotograaf kry, want ek weet nie van die tydbeheer se knoppie nie.  My huishulp, Sofie, is altyd mateloos beĂŻndruk met my werksaamhede. 
Dus is die fotograaf Sofie met:”Medem, ek het jou voete nie ingesit nie.”
Nodeloos om te se: ek het hare ook nie ingesit toe ek beduie het hoe die kamera werk nie!

Tuesday 12 February 2013

A Community quilting initiative

When I felt in 2001 a pressing desire to give more than my expected tenth to the Lord, I was not quite sure how I could achieve this.

But guided by our Heavenly Father, I met Annetjie Fourie, a social worker in the rural township of Botshabelo at a braaivleis of a mutual friend, Naomi. A partnership was born in which I could supply my talent and love for quilting, whilst Annetjie supplied the venue.

This venue would turn out to be the multi-functional community centre in Botshabelo - BMC, which houses the local offices of the ANC, a library, computer centre and a doctor’s office. Even though I lived ninety-five kilometres away, just outside Bloemfontein, and supplied my own petrol money, because I knew that this was the opportunity that I was seeking.

Initially, I began by teaching them to make a Potholder, thereby taking the women through the entire process of quilting. Eventually only nine remained to start the more advanced yet infinitely more rewarding task of creating their own quilts for their beds. The necessary materials were generously sponsored by many women from Bloemfontein, and even Wisconsin, U.S.A.

All the work is done by hand, and I am still visiting the women only once a month to provide them with help, advice and whatever support I can provide.
During these sessions work was started on a quilt that will eventually be donated to a child at Bartimea school for the blind in Thaba`Nchu and numerous teddy bears were knitted for the pre-schools in the surrounding areas.    

By learning to create their own quilts and warm bedding, these women are gaining something priceless; knowledge that can be handed down to future generations.

Some of these ladies even won awards on the Bloemshow.

And I am not alone anymore!  Gerda Breytenbach and Magriet Bester are reaching out with me and are part of a very special trip to Botshabelo.  Mieta and Elisabeth can be seen with them on today’s photo.

Monday 11 February 2013

Bloemskou is op hande!

As kwilters van die Vrystaat, is dit ons plig om Bloemskou te ondersteun!  Hierdie jaar se tema is Wilde Weste!
Ek en Elsa Schoeman het vandag 'n besoekie  Anne Hoffman gebring en sy is gereed om die skoene van Truida Malan te probeer volstaan.









Die Oranje Kwiltersgilde se kwilters het in die verlede baie mooi saamgewerk om ons kas in die Dina Steyn Saal vol te laai met kwilte.


Hier staan my dogter, Lia, voor die kas en wys na haar kwilt in die kas.
Dit is altyd lekker om deel hiervan te wees.


Sunday 10 February 2013

Kwiltwerk: werd om te weer - ekstra

Indien jy die fotos  wat die artikel, Kwiltwerk: werd om te weet, illustreer ook wil sien, stuur aan my 'n e-pos by iessie@vodamail.co.za en ek stuur die volledige artikel graag aan jou.
Kwiltwerk:  werd om te weet.
Uitstekend!! Uitstaande!!
z  Werk moet in ‘n “pristine condition” wees. 
z  ‘n Kwilt moet uit 3 lae bestaan.
Die laswerk:
zHoekies moet nie afgesny word nie.  Die punte van driehoeke moet skerp wees.  En dit moet ook nie “dryf” nie – maw nie aan die kant raak nie.
zNaattoelating moet nie te klein wees nie.
zWanneer ons lig en donker blokkies aanmekaar werk, gebruik ons eerder donker garing.
z Hoekies moet inmekaar pas en nie by mekaar verby steek soos die gemerkte een op die foto nie.
zKleur moet nie net een kol vorm nie.
z Konstruksielyne moet duidelik sigbaar wees.
Appliekwerk met die hand:
zSteke moet BAIE klein wees.
zKleur van garing pas by lappie wat vasgewerk word.  Vir die geel kruis op die foto moes dus geel gebruik word – nie die bruin van die agtergrond nie.
Appliekwerk met die naaimasjien:
zSteke moet reg teen die rafelrand wees.
zSteke moet nie oor hoeke of enige deel van die vorm gaan nie.
zHoeke moet skerp wees.
z Kurwes gelyk & glad gevorm word.
z Garing moet agter geknoop word.
Kwiltwerk met die hand:
zKwiltsteke moet constant ewe groot en ewe ver van mekaar wees.
zDie begin en einde moet onsigbaar wees.
zSpanning moet oral dieselfde wees.
zKurwes gelyk gevorm word.
zLyne wat kruis – moet reguit & ewewydig wees.
zKwiltwerk moet blok of kwilt verryk.
zMag “gly” in die watteersel tot by die volgende plek waar gewerk moet word.
z Moet alle merke verwyder wanneer kwiltwerk voltooi is.

Kwiltwerk met die naaimasjien:
zKwiltsteke se lengte moet konstant dieselfde wees.  Al word dit vryhand gedoen.
zBegin en einde van garing moet weggewerk word en die knoopfunksie op naaimasjiene word nie gebruik nie.
zSpanning moet bo en onder dieselfde wees.
zDaar moet nie plooie in die materiaal gestik word nie.
z Verwyder alle merke wanneer klaar gekwilt is.
zKwilt om motiewe en bo-oor om dit plat te maak – dit moet nie pofferig wees nie.
Kwiltontwerp:
zDie patroon wat jy uitstik of kwilt met die hand, moet by die kwilt pas en dit komplimenteer.


Aanwerk van tooisels:
zDie tooisels moet help om die kwilt se storie te vertel.
zDit moet goed vas wees.
zDit moet pas by ontwerp en moet die kwilt komplimenteer.
zAlle knope moet dieselfde vasgewerk word.
Tussen- en randstroke:
z  Doen kwiltwerk in die stroke ook.
z  As die stroke gelas word (blokkies), moet dit min of meer dieselfde lyk.
z  Alle stroke moet REGUIT wees.
z  Stroke word met ‘n reguit naat gelas.
Finale afronding:
zDie omboorsel hoef nie voor en agter dieselfde breedte te wees nie, maar as jy dit so doen, help dit baie om dit ewe breed te werk.
zDie hoeke meot toegewerk wees, voor & agter & 90 grade.
zDie hele omboorsel moet “vol” wees.
zEn moet op 45 grade gelas word.

Laaste lag
zAgterkant moet die voorkant komplimenteer.
zMooi etikette word raakgesien.
zMou-hanger moet in die omboorsel vasgestik word.
zMoet nie dat jou kwilt voumerke maak nie.
z Gee erkening aan die persoon wat jou inspireer of leer!!!!!

Klas vir die Uile

Saterdag was die Uile Kwilters hier by my huis om die tweede les van hulle 2013 projek te doen.
Hulle maak die 4 Seisoene Kwilte wat uit vier klein kwiltjies bestaan.
Sujanie (regs) van der Spoel is hulle groepleidster.


En my eie dogter Lia behoort ook aan hierdie groepie (links).
Hulle noem hulself die Uile, omdat hulle werk in die dag en kwilt in die nag!

Phillipstown se kwilters

Ek het Vrydag besoek gaan afle by die Phillipstown Kwilters.  Hulle werk is ongelooflik mooi en dit maak my hart baie opgewonde, want ek het vir hulle die beginners-kursus aangebied.  Op die foto staan Emmerentia van Vuuren by haar kwilt.


Hierdie groep kwilters was in die Country Life van Februarie.  Nell-Marie van Eeden het die kwiltwinkel op die dorp begin en dit is vandag ‘n kwiltwinkel wat elke kwilter graag sal wil besoek! 
Tydens my besoek het ek hulle meer vertel van hoe om al daardie mooie kwilte in te skryf by die Kwiltkompetisie wat tydens ons Kaleidoskoop Kwiltfees 2013 gehou gaan word.  Hier staan ekself by my eie kwitl waarop ek voorbeelde uitgewys het.


Ons het ook elkeen ‘n potouri hartjie gekry wat Alma gemaak het om die besoek van Kwella te vier.