Wednesday 13 February 2013

‘n Bostuk met Kwiltwerk se omboorsel:

Vandag het ek my besig gehou met die maak van ‘n romp en ‘n bostuk – ek praat sommer van ‘n top.
Ek het eerstens die een skouernaat toegestik en omgekap.  Toe het ek ‘n omboorsel (binding) gesny op die skuinste – so 2½” breed.  Die stroke was te kort en ek het dit op die skuinste gelas ook.





Ek het die strook dubbeld gevou en gestryk.  Toe het ek dit aan die verkeerde kant van die neklyn vasgestik, oorgevou na die regte kant van die bostuk en aan die regte kant ook vasgestik.






Dit is die “double fold binding” wat ons as kwilters op ons kwilte gebruik.


Met my nuwe uitrusting aan, moes ek toe ‘n fotograaf kry, want ek weet nie van die tydbeheer se knoppie nie.  My huishulp, Sofie, is altyd mateloos beïndruk met my werksaamhede. 
Dus is die fotograaf Sofie met:”Medem, ek het jou voete nie ingesit nie.”
Nodeloos om te se: ek het hare ook nie ingesit toe ek beduie het hoe die kamera werk nie!

No comments:

Post a Comment