Sunday 10 February 2013

Kwiltwerk:  werd om te weet.
Uitstekend!! Uitstaande!!
z  Werk moet in ‘n “pristine condition” wees. 
z  ‘n Kwilt moet uit 3 lae bestaan.
Die laswerk:
zHoekies moet nie afgesny word nie.  Die punte van driehoeke moet skerp wees.  En dit moet ook nie “dryf” nie – maw nie aan die kant raak nie.
zNaattoelating moet nie te klein wees nie.
zWanneer ons lig en donker blokkies aanmekaar werk, gebruik ons eerder donker garing.
z Hoekies moet inmekaar pas en nie by mekaar verby steek soos die gemerkte een op die foto nie.
zKleur moet nie net een kol vorm nie.
z Konstruksielyne moet duidelik sigbaar wees.
Appliekwerk met die hand:
zSteke moet BAIE klein wees.
zKleur van garing pas by lappie wat vasgewerk word.  Vir die geel kruis op die foto moes dus geel gebruik word – nie die bruin van die agtergrond nie.
Appliekwerk met die naaimasjien:
zSteke moet reg teen die rafelrand wees.
zSteke moet nie oor hoeke of enige deel van die vorm gaan nie.
zHoeke moet skerp wees.
z Kurwes gelyk & glad gevorm word.
z Garing moet agter geknoop word.
Kwiltwerk met die hand:
zKwiltsteke moet constant ewe groot en ewe ver van mekaar wees.
zDie begin en einde moet onsigbaar wees.
zSpanning moet oral dieselfde wees.
zKurwes gelyk gevorm word.
zLyne wat kruis – moet reguit & ewewydig wees.
zKwiltwerk moet blok of kwilt verryk.
zMag “gly” in die watteersel tot by die volgende plek waar gewerk moet word.
z Moet alle merke verwyder wanneer kwiltwerk voltooi is.

Kwiltwerk met die naaimasjien:
zKwiltsteke se lengte moet konstant dieselfde wees.  Al word dit vryhand gedoen.
zBegin en einde van garing moet weggewerk word en die knoopfunksie op naaimasjiene word nie gebruik nie.
zSpanning moet bo en onder dieselfde wees.
zDaar moet nie plooie in die materiaal gestik word nie.
z Verwyder alle merke wanneer klaar gekwilt is.
zKwilt om motiewe en bo-oor om dit plat te maak – dit moet nie pofferig wees nie.
Kwiltontwerp:
zDie patroon wat jy uitstik of kwilt met die hand, moet by die kwilt pas en dit komplimenteer.


Aanwerk van tooisels:
zDie tooisels moet help om die kwilt se storie te vertel.
zDit moet goed vas wees.
zDit moet pas by ontwerp en moet die kwilt komplimenteer.
zAlle knope moet dieselfde vasgewerk word.
Tussen- en randstroke:
z  Doen kwiltwerk in die stroke ook.
z  As die stroke gelas word (blokkies), moet dit min of meer dieselfde lyk.
z  Alle stroke moet REGUIT wees.
z  Stroke word met ‘n reguit naat gelas.
Finale afronding:
zDie omboorsel hoef nie voor en agter dieselfde breedte te wees nie, maar as jy dit so doen, help dit baie om dit ewe breed te werk.
zDie hoeke meot toegewerk wees, voor & agter & 90 grade.
zDie hele omboorsel moet “vol” wees.
zEn moet op 45 grade gelas word.

Laaste lag
zAgterkant moet die voorkant komplimenteer.
zMooi etikette word raakgesien.
zMou-hanger moet in die omboorsel vasgestik word.
zMoet nie dat jou kwilt voumerke maak nie.
z Gee erkening aan die persoon wat jou inspireer of leer!!!!!

No comments:

Post a Comment