Sunday 10 February 2013

Phillipstown se kwilters

Ek het Vrydag besoek gaan afle by die Phillipstown Kwilters.  Hulle werk is ongelooflik mooi en dit maak my hart baie opgewonde, want ek het vir hulle die beginners-kursus aangebied.  Op die foto staan Emmerentia van Vuuren by haar kwilt.


Hierdie groep kwilters was in die Country Life van Februarie.  Nell-Marie van Eeden het die kwiltwinkel op die dorp begin en dit is vandag ‘n kwiltwinkel wat elke kwilter graag sal wil besoek! 
Tydens my besoek het ek hulle meer vertel van hoe om al daardie mooie kwilte in te skryf by die Kwiltkompetisie wat tydens ons Kaleidoskoop Kwiltfees 2013 gehou gaan word.  Hier staan ekself by my eie kwitl waarop ek voorbeelde uitgewys het.


Ons het ook elkeen ‘n potouri hartjie gekry wat Alma gemaak het om die besoek van Kwella te vier.

No comments:

Post a Comment