Wednesday 27 February 2013

Van Toeka tot Nou



Ouderdom kan 'n mens vang!  Dit het ek net weer die naweek gesien.

My skoonma, 'n wonderlike mens, kan nie meer onthou nie.  Dit is 'n tragedie, want wat het geword van al die dinge waarvan sy wel geweet het?

Soos die dingetjie op die foto langsaan.  Dit hoort seker eintlik in 'n museum, maar my skoonsuster het dit vir my gegee en ek kan nie genoeg daarna kyk nie.

Wat sou my skoonma se ma met dit gemaak het?  Die hekelpen in die middel kan nie uit of in beweeg nie.  Ek het aanvanklik gedink hulle kon daarmee iets doen soos vurk-brei, maar dan moet die hekelpen kan beweeg.

As jy weet, vertel vir my ook, asseblief.



Twee naamgenote - een is nog lus vir avontuur en die ander een is net dankbaar sy kan nog haar kinders onthou!

Lewe voluit en laat jou merk!

No comments:

Post a Comment