Iessie@quilt
My liefde vir kwilt- en naaldwerk kom van my Ma, 'n baie kunstige en ywerige kreatiewe mens. Na my troue het ek myself meer geleer oor kwiltwerk dmv boeke. Ons het as 'n gesin gedurende 1999 in Wisconsin in Amerika gewoon. Daar het ek verskeie kursusse bygewoon. Met ons terugkeer na SA het ek begin met klasse vir kwilters wat graag wil leer kwilt. Ek ontwerp gereeld patrone vir nuwe klasse en dra graag my kennis uit na die minderbevoorregtes. My leuse in die lewe is: LIVE TO LEAVE A LEGACY!
Tuesday, 4 October 2016
Monday, 21 April 2014
Gaan saam op my KWILTTOER!
Die reis na Namibïe het ek al in Januarie 2013 op my lys gesit vir April 2014!
Ek het ‘n Ousus in Keetmanshoop, ‘n Suster wat in Walvisbaai bly en dan nog ‘n Sussie wat op die pad, in Upington, bly en so ‘n kuier kan mos NET lekker wees.
Tydens die Kaleidoskoop Kwiltfees het van die Namibïers gehoor van my planne en gevra dat ons ‘n klas of wat moet inwerk. So het my kwilttoer vorm aangeneem.
Ek en my broer het baie vroeg op 20 Maart hier weggespring en fluks tot op Upington gevorder en die res van die dag net ontspan. By my sussie se huis voel ons mos heel tuis!
Vrydag, Menseregtedag, het die regte mense by my met ‘n klas in vryhand masjienstik begin.
Aanvanklik het die groepie van Belinda eers net almal seker gemaak hoe hulle dit moet doen en toe het hulle weggespring en elkeen het probeer om twee groot blokke of vier kleiner blokke klaar te maak. Dit het ons Saterdag op die Kwilt-soos-jy-vorder metode aanmekaar gelas.
Die groepie het gehelp om die fondasie te lê van al die klasse wat ek tydens die toer sou aanbied, want hierdie is eitlik ‘n lywige kursus wat uit 20 blokke bestaan. Maar om dit oor twee dae te kan aanbied, moes die kern uitgesoek word.
Dankie julle Upingtonners!!!
Friday, 2 August 2013
My klas by Elaine Barnard - HUISTOE
Ek het die klas van Elaine Barnard baie geniet! In murg en been is ek 'n tradisionele kwilter, maar geniet dit so af en toe om sommer net ietsie anders te doen.
Tydens die klas het Elaine ons gewys om met Bird's Nest en ander garings sommer so maklik te skep op 'n wateroplosbare materiaal.
By die huis gekom met my skepping, was daar darem net te veel gate in na my sin en ek het daar en dan begin om lappies en wolle by te voeg.
Ek het oor alles gestik soos sy ons in die klas gewys het.
En die hele prentjie het begin verander na iets wat ek kon herken!
Toe het ek vir die blok kante gemaak om dit diepte te gee. En dit in 'n regte kwilt verander. Oom Manie het vir my 'n hek gemaak en my eie persoonlike man, Stoney, het vir my 'n kleiner windpomp gemaak. Elaine het vir elkeen van ons ook 'n windpomp van draad in ons kit gegee, maar dit was 'n bietjie te groot vir my skepping.
En hier is dit: HUISTOE
Tydens die klas het Elaine ons gewys om met Bird's Nest en ander garings sommer so maklik te skep op 'n wateroplosbare materiaal.
By die huis gekom met my skepping, was daar darem net te veel gate in na my sin en ek het daar en dan begin om lappies en wolle by te voeg.
Elaine het gese ons kan fotos saam bring na die klas en dit was presies wat ek gedoen het.
Ek het oor alles gestik soos sy ons in die klas gewys het.
Toe het ek vir die blok kante gemaak om dit diepte te gee. En dit in 'n regte kwilt verander. Oom Manie het vir my 'n hek gemaak en my eie persoonlike man, Stoney, het vir my 'n kleiner windpomp gemaak. Elaine het vir elkeen van ons ook 'n windpomp van draad in ons kit gegee, maar dit was 'n bietjie te groot vir my skepping.
En hier is dit: HUISTOE
Tuesday, 16 April 2013
Hier kiep-kiep, daar kiep-kiep......
My tafel in die kombuis het ‘n glasblad op om die kwilt op die tafel te beskerm.
‘n Glasblad kan maklik skoon gehou word, maar die lawaai is iets om op ‘n ander dag te bespreek!
Toe het ek vir my plekmatjies vir die vier sitplekke gemaak en die tema kon nie anders as hoenders wees nie, want my kombuis is omtrent iets soos ‘n hoenderhok!
Something sticky to stitch: Guinea fowl
Sometime ago, a few of my quilter-students have put in the request for me to teach them to do an Art Quilt.
I have done an Art Quilt in a class where Kathryn Harmer-Fox was the Teacher, but I think she is ‘n wonderful motivator too! She makes you believe you CAN do it. With that motivation in mind, I did teach an Art Quilt Class to 6 quilters.
Judie Bellingham form BellaOnline, pointed out that an Art Quilt should at least look like a quilt by the type of fabrics used and should be composed of at least two layers - the face layer and the backing layer.
It should also be quilted, to give meaning to the term: Art QUILT. Some of these stitches must be visible at the back of the quilt.
With this concept in mind, I prepared to teach my first class.
Step 1: Iron a layer of Vilene onto the back of a piece of fabric – something like unbleached calico.
Step 2: Trace the design on the fabric, which is now called the background.
Step 3: Use Pritt and glue pieces of fabric (may include satin, silk, leather, organza, etc) onto the background.
Step 4: Cover all the raw edges with stitches in a matching thread.
Step 5: Layer the top with batting and a backing – we call this a sandwich.
Step 6: Quilt and finish off with a binding.
Step 7: Finish off with embellishments.
82, 73 en 103!
Wat het hierdie getalle met mekaar te doen?
Die vriendelike vrou daar kom vra toe wie verjaar, want sy wil vir die persoon so ‘n klein ietsie gee. Ouma sê toe dadelik dat dit sy is en dat sy vandag 73jaar oud is!
Na ‘n lekker gelag en gekuier en gekoek & tee, het ek haar teruggevat na haar bed toe, want die ou lyf het begin voel soos 103jaar oud!
Subscribe to:
Posts (Atom)