Monday 21 April 2014

Gaan saam op my KWILTTOER!

Die reis na Namibïe het ek al in Januarie 2013 op my lys gesit vir April 2014!
Ek het ‘n Ousus in Keetmanshoop, ‘n Suster wat in Walvisbaai bly en dan nog ‘n Sussie wat op die pad, in Upington, bly en so ‘n kuier kan mos NET lekker wees.
Tydens die Kaleidoskoop Kwiltfees het van die Namibïers gehoor van my planne en gevra dat ons ‘n klas of wat moet inwerk.  So het my kwilttoer vorm aangeneem. 
Ek en my broer het baie vroeg op 20 Maart hier weggespring en fluks tot op Upington gevorder en die res van die dag net ontspan.  By my sussie se huis voel ons mos heel tuis! 
Vrydag, Menseregtedag, het die regte mense by my met ‘n klas in vryhand masjienstik begin.
Aanvanklik het die groepie van Belinda eers net almal seker gemaak hoe hulle dit moet doen en toe het hulle weggespring en elkeen het probeer om twee groot blokke of vier kleiner blokke klaar te maak.  Dit het ons Saterdag op die Kwilt-soos-jy-vorder metode aanmekaar gelas.




Die groepie het gehelp om die fondasie te lê van al die klasse wat ek tydens die toer sou aanbied, want hierdie is eitlik ‘n lywige kursus wat uit 20 blokke bestaan.  Maar om dit oor twee dae te kan aanbied, moes die kern uitgesoek word. 
Dankie julle Upingtonners!!!

No comments:

Post a Comment